Index head
BefondsingBorgeSkool struktuurOns VenstertjieSportKontakBefondsingGebeureLeerdersMissieSide nav buttons

Die Departement van Ontwikkeling is in 1992 tot stand gebring om die skool te bemark en fondse aan te vul. Hierdie afdeling funksioneer as 'n program van die N G Kerk: Maatskaplike Dienste (Wes- en Suid-Kaap). Die Departement van Ontwikkeling verteenwoordig dus die N G Kerk se volgehoue betrokkenheid by die leerders van Alta du Toitskool en hulle behoeftes. Daar is twee personeellede, 'n Direkteur van Ontwikkeling (Marlene Brewis) en 'n administratiewe beampte (Hermène van Niekerk), wat verantwoording doen aan die Alta du Toitskool-kommissie waarop die hoof die skool verteenwoordig. Die Direkteur van Ontwikkeling verteenwoordig die N G Kerk op die beheerliggaam.
Die Departement van Ontwikkeling is 'n geregistreerde organisasie sonder winsoogmerk (reg. no. 011-891). Die direkteur spreek gereeld op uitnodiging groepe toe om die skool bekend te stel en mense te motiveer om betrokke te raak by die leerders se opvoeding. Besoekersgroepe word ook ontvang en deur die skool geneem. (Kontak ons om 'n optrede of besoek te reël.)

Die uitgangspunt van die personeel van die Departement van Ontwikkeling is om die taak aan hulle opgedra, in die liefde van Jesus te doen tot voordeel van Sy spesiale kinders in Alta du Toitskool.