 |

Die leerders speel sokker, krieket, mini-krieket, netbal en hokker ('n spesiale sport vir fisiekgestremdes) en neem ook deel aan swem en atletiek. Die skool is trots op leerders wat al provinsiale en nasionale kleure verwerf het in sport vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes. Twee keer per week is daar perdry vir leerders wat terapeuties daarby kan baat. 'n Hoogtepunt in die lente is die jaarlikse pretloop.
|
|
|
|
|
|
|