 |
Die skool sielkundige lei die evaluering van voornemende leerders en ondersteun leerders en hul ouers deur die plasingsproses. Hy sien ook om na leerders met gedrags- en emosionele probleme.
Die fisioterapeut help met die ontwikkeling van motoriese vaardighede, postuur en sitposisie, eet, ens.
Arbeidsterapie is daarop gemik om doelgerigte vaardighede aan te wend om disfunksie te voorkom en om maksimum aanpassing te bewerkstellig. Die arbeidsterapeut help om vaardighede te ontwikkel en het ook 'n program begin om leerders op te lei om in 'n winkel te werk.
Omdat baie van ons leerders se gesondheid weens hulle besondere probleme baie kwesbaar is, is gesondheidsorg baie belangrik. Die skool het ‘n suster en verpleegassistent wat reël vir gespesialiseerde dienste soos ortopedie, pediatrie, psigiatrie en genetika by die skool of by Tygerberg- of Rooi Kruis-hospitaal. Daar word ook gereeld aandag gegee aan mondhigiëne en tandversorging.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|