
September 2003 - Boekedag
Alta du Toitskool se eie goeie fee wat op boekedag al die sprokieskarakters opgetoor het. Elke kind wat die storie kon raai, het 'n pakkie eetgoed ontvang as beloning. So leer ons kinders ook van boeke. Mev Mariëtte Viljoen is een van ons kreatiewe personeellede en ook verantwoordelik vir die "draaiboek" uitgedink vir Stoepstories, ons modeparade op 31 Oktober. Skakel (021) 903-4178 vir kaartjies.
19 September 2003 - Jaarlikse pretloop
Die eerste stappers (5km - groep) kom terug by die skool na die pretloop wat elke jaar georganiseer word deur mnr Heiné Muller. Almal het deelgeneem - selfs die rolstoelgebruikers. Let op die wonderlike uitsig op Tafelberg vanaf Alta du Toitskool se trappe.
|
|
|
|
|
|
|
|