Index head
BefondsingBorgeSkool struktuurOns VenstertjieSportKontakBefondsingGebeureLeerdersMissieSide nav buttons

Al die leerders van Alta du Toitskool is verstandelik erg gestremd. Daar is verskillende oorsake vir hul gestremdheid, bv komplikasies voor, tydens of na geboorte, breinbeserings, abnormaliteite van die brein, skedel of sentrale senustelsel en genetiese afwykings. Medici het reeds 34 genetiese afwykings onder die leerders geïdentifiseer. Downsindroom is maar een daarvan.

Sommige leerders het ook sekondêre gestremdhede soos epilepsie, outisme, serebrale gestremdheid en ouditiewe probleme.

Alta du Toitskool skep 'n atmosfeer waarbinne hierdie kinders die optimale opvoedingsgeleentheid kan geniet.