 |
Ons leerders lewer gehalte produkte. Die tuisbedryfwinkel produseer onder meer kleinkoekies, beskuit en fudge. Rottangvlegwerk, weefwerk en items met kerspit- en kruissteekborduurwerk en lapverfwerk word in die skool se eie winkeltjie, Ons Venstertjie, verkoop. Besoek ons gerus en kom kyk waartoe ons leerders in staat is. U hoef nie verder te soek vir spesiale geskenke nie - kry waarde vir u geld en ondersteun terselfdertyd 'n goeie saak.
Nog 'n goeie geskenk is Mengelmoes, ons spesiale resepteboek. Dit kan van die Departement van Ontwikkeling bestel word teen R40-00 per eksemplaar (posgeld en verpakking binne SA ingesluit).
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|