|
 |
Op 4 September 1954 is ds. Daan en mev. Alta du Toit se tweede kind gebore: 'n dogtertjie, Alta, met Downsindroom. Haar lewe het 'n hoër doel gehad: ds Daan het die stryd begin om 'n skool te vestig vir kinders met erge verstandelike gestremdheid. Op 14 Julie 1964 open Alta du Toitskool die eerste keer met 20 leerders in 'n houtgebou in Bellville. Deur die jare het die skool gegroei en op 4 November 1981 kon die pragtige geboue-kompleks in Kuilsrivier in gebruik geneem word. Vandag is daar ongeveer 350 leerders tussen 5 en 18 jaar uit die Wes-Kaap Provinsie en ook die Noord-Kaap. Daar is koshuisinwoning vir 170 leerders en elf bussies vervoer dagskoliere uit die noordelike voorstede van Kaapstad.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|